Bosveld SportSport

Sukses glimlag vir sewes

Of daar nou 15 spelers of sewe op die veld is, Potties Rugbyklub se spelers stoomroller voort met prag oorwinnings.

MOKOPANE – Die jaar het skaars begin en die spelers wys reeds die klub gaan groot hoogtes bereik.

Die klub het verlede naweek aan ‘n sewestoernooi op Groblersdal deelgeneem en die krane behoorlik oopgedraai. Potties se Sewes het in hulle eerste wedstryd teen Loskop 2 vir ‘n prag eindtelling van 26-7. gesorg. Daarna rantsel die span die Universiteit van Limpopo af, ook met 26-7.

In hulle derde wedstryd kraai Potties koning teen Middelburg Panthers met ‘n eindtelling van 24-17.

Die span het hulle goeie gees en harde spel behou en met Nylstroom (31-12) en Loskop 1 (29-15) afgereken voordat hulle in ‘n taai finaal te staan gekom het teen Ellisras. Ellisras het die onderspit gedelf in ekstra tyd wat gespeel is. Die eindtelling was 24-19 in Potties se guns.

Die volgende spelers het drieë gedruk:

Phil Herselman (3), Willem Dreyer (5) Hans du Plessis (6), Anthony Hawken (2), Phillip Fuls (1), Jan Vorster (2) en Klaas Galane (5).

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button