Bosveld SportSport
‘Drafstappie’ vir Potties-Atletiekklub atlete
Atlete van die Potties-Atletiekklub het wéér hulle staal by verskeie wedlope verlede naweek gewys en spog tye en prestasies verwerf.
MOKOPANE – Altesaam ses fikse lede het die tawwe Medihelp Sunrise Monster wedloop in Pretoria kafgedraf. Hulle is: Rudine van Nieuwenhuizen (03:33 ure), Sarie Coetzee (03:33 ure), Khatija Essack (03:53 ure), Ceceila Ferreira (04:57 ure), Andrea Ferreira (04:08 ure) en Aubrey Baloyi (03:24 ure).
Fozia Issufo en Johanna het skittertye in die 10 km stap van die Medihelp Sunrise Monster behaal.
Tshegofatso Sekhaolelo het die klub trots tydens die Uniwisp Marathon in Nelspruit verteenwoordig en dit binne 4:31min voltooi.
Daleen van Zyl en James Winch het op 27 Februarie aan die 21,1 km Marakele marathon in Thabazimbi deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





