Bosveld SportSportUpdate

Dis uithou en aanhou vir Hein du Plessis

Als loop volgens plan vir Hein du Plessis en sy Kaapse spanmaat, Reyno van der Hoven, wat tans aan die Absa Cape Epic bergfietsren deelneem.

MOKOPANE – Die twee fietsryers het Woensdag fase drie, sowat 103 km, van die wedren aangepak van Tulbach na Wellington. Hulle is deel van die 1 200 fietsryers wat aan die tawwe uitdaagwedren deelneem. Die wedloop van 625 km wat in sewe fases verdeel is, eindig op 20 Maart by die Meerendal Wynlandgoed in Durbanville.

Dit is Hein, besturende direkteur van DebtSafe op Mokopane, se droom om die wedloop te voltooi en hy en Van der Hoven het sedert September verlede jaar daarvoor voorberei.

Sy vrou Linda het Woensdagoggend aan Bosveld vertel die twee ryers hou uit. Behalwe die moeë spiere is daar nie enige beserings nie. Van die fietsryers het al so geval dat hulle met ambulanse hospitaal toe vervoer is. Gister was dit baie warm en van die ryers het gedehidreer.”

Linda sê dit is ‘n wonderlike belewenis om so in die pragtige natuur, oop lug en omring deur berge deel van die wedren te wees. “Vandag is dit effe koeler en ook die laaste fase van die langtrap gedeelte.”

Die Du Plessis bedank die gemeenskap vir al hulle oproepe en boodskappe. “Ons harte is in die bosveld, dankie vir al die ondersteuning.”

Lees meer:

Epiese trap vir tawwe ryer

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button