Puik prestasies by SA’s
Die volgende Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Hans Strjidom atlete het 'n plek in die top 10 verwerf:
MOKOPANE – Altesaam vyf van HPP en twee van Hoërskool Hans Strjidom se atlete het dié skole op nasionale vlak tydens die Suid-Afrikaanse (SA) Skole Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein verteenwoordig en puik prestasies behaal.
Die volgende Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Hans Strjidom atlete het ‘n plek in die top 10 verwerf:
• Peter Tau (HPP) het in die 800 m vir seuns o/19 met ‘n tyd van 1:52:49 sekondes ‘n brons medalje losgeslaan.
• Pontsho Ngobeni (HPP) het ‘n agtste plek in die 3 000 m vir seuns o/19 met ‘n tyd van 9:43:81 sekondes behaal.
• Marine Visser (Hoërskool Hans Strijdom) spog met ‘n agtste plek in die spiesgooi vir meisies o/17 met ‘n afstand van 39,34 m.
• Sello Nyawene (HPP) het ‘n negende plek in die 1500 m vir seuns o/19 met ‘n tyd van 4:11:34 sekondes ingepalm.
• Luzaan Taljaard (HPP) het ‘n 10de plek in die gewigstoot vir meisies o/17 met ‘n afstand van 12,46 m verwerf.
• Michael Pauer (Hoërskool Hans Strijdom) het sy slag in die diskus vir seuns o/19 gewys en ‘n 11de plek behaal.
• HPP se groentjie, Wilma Nel, het die skool trots in die diskus en gewigstoot vir meisies o/15 verteenwoordig en ‘n 15de plek in die gewigstoot verwerf.
HPP Skoolhoof, Casper Badenhorst, en Hoërskool Hans Strijdom Skoolhoof, George Klopper, wens elkeen van hierdie atlete geluk met hulle spogprestasies.








