24ste Hansieweek sorg vir naelbytaksie op die velde
Vir die eerste keer in 24 jaar spog die Mauritz Hansen-rugbyweek nie net met kookwateraksie op die rugbyveld nie, maar óók op die hokkievelde.
MOOKGOPHONG – Die immergewilde Hansieweek het Dinsdag op ‘n hoë noot afgeskop.
Duisende toeskouers sorg vir groot gees langs die velde terwyl 80 rugbyspanne (meer as 1 500 rugbyspelers) en meer as 170 hokkiespelers van skole regoor die land mekaar die week op die velde van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong uitdaag. Die top spanne sal Saterdag in die finaal kragte meet vir ‘n kans om met die louere weg te stap.
Die meeste van Hansies se hokkiespanne het Dinsdag gesorg vir soete oorwinnings in al hul wedstryde en so die week op ‘n hoë noot begin.
Na afloop van die week sal die Mauritz Hansen-vyftiental gekies word wat in Oktober saam met Travel & Sport na Italië gaan toer.
Wie sal in die finaal koning kraai? Lees meer oor die Hansieweek en die spanne se spogprestasies in die volgende uitgawe van Bosveld.






