Bosveld SportSport
Potties se eerstes seëvier
Potties Rugbyklub se eerstespan het verlede Saterdag in hulle eerste ligawedstryd op hul tuisveld nie teleurgestel nie en afgereken met Mankweng.
MOKOPANE – Die span het die krane behoorlik oopgedraai om met 47-13 te seëvier. Antony Hawken, JanVorster, Heinrich Horn, Deon Klein, Wikus Pretorius, Phillip Fuls en Renier Labuschagne het oorgeduik vir drieë. Die tweedespan het 34-22 teen die Universiteit van Limpopo verloor. Renier Labuschagne, Hans Du Plessis, Willem Dreyer, Juandre De Jager het egter vir goeie drieë gesorg.
Potties se eerstespan speel die naweek teen die Universiteit van Venda en die tweedes draf teen Messina uit. Die wedstryde word op Messina se velde gespeel.
Die klub bedank al die borge vir hulle lojale ondersteuning.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





