Bosveld SportSport

Swemmers oes medaljes in

Drie vinnige swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub spog met twee silwer en een brons medalje nadat hulle aan die SA vlak twee streekskampioenskappe deelgeneem het

MOKOPANE – .Twee van Laerskool Krugerpark se swemmers, Ruard Nel en Ruben Glover, asook ‘n leerder van Hoërskool Piet Potgieter, Morné van der Bank, het van 28 tot 31 Maart kragte teen ander top swemmers in die Ellisparkswembad gemeet.

Glover het ‘n silwer medalje in die 400 m vryslag ingepalm en hy spog met ‘n vierde plek in die 200 m rugslag, ‘n sesde plek in die 100 m rugslag, ‘n sewende plek in die 200 m vryslag en ‘n agtste plek in die 200 m individuele wisselslag (IM).

Van der Bank het ‘n silwer medalje in die 200 m rugslag en ‘n brons medalje in die 100 m rugslag losgeswem.

Hy behaal ook ‘n sewende plek in die 50 m rugslag en 200 m (IM), ‘n negende plek in die 100 m vlinderslag en ‘n 10de plek in die 100 m borsslag.

Nel het die klub trots verteenwoordig en goeie tye verwerf.

Al die swemmers van die swemklub bedank hulle afrigter Awie Hattingh vir die lang ure, ondersteuning en opofferings gedurende die seisoen. “Ons salueer meneer,” het die lede gekoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button