Spelers moker die balle
Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se hokkie- en netbalspelers het verlede Saterdag vir goeie oorwinnings gesorg in tawwe wedstryde teen Hoërskool Hans Strijdom op hulle tuisvelde en bane. Die uitslae was as volg:

MOKOPANE – Die twee eerstehokkiespanne HPP en die Hansies het mekaar behoorlik opgekeil en HPP se spelers kan hulself ongelukkig ag dat hulle nie ‘n doel kon aanteken nie.
In die tawwe wedstryd het die Hansiespelers egter gewys hulle is vanjaar ‘n gedugte span waarmee rekening gehou moet word. Hulle afrigter, Spikkels de Wet, het ‘n nuwe vuur in die span geblaas en daar word met groot positiwiteit en passie geoefen.
HPP se ander hokkiespanne het goeie seges behaal.
Die uitslae was as volg: HPP-tweedespan wen 2-0, o/16 A-spane speel gelykop met 2 elk, HPP o/15A-span wen 10-0 en HPP o/16 A-span wen 6-0.
Benewens die tweedespan wat 13-10 verloor het, het al HPP se netbalspanne koning gekraai met goeie spel.
Die uitslae was as volg: HPP-eerstespan wen 21-12, HPP o/16’s wen 10-8, HPP o/15-span wen 30-5 en die o/14 A-span wen o/14 maar die o/14 B-span verloor 17-3.
HPP se seunstennispan het die bal behoorlik gemoker en die eerstes wen 4-2, die tweedespan 5-1 en die derdes 4-2. Die eerstedogterspan verloor egter 6-0.
Hierby foto’s van die eerste hokkiespanne se wedstryd.
redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za





