Bosveld SportSport

Potties 1stes looi Letaba

Potties se spanne draf vandag om 17:00 op Hoërskool Piet Potgieter se veld uit teen Pietersburg dorp en vra die gemeenskap om hulle te kom ondersteun.

MOKOPANE – Potties Rugbyklub se eerstespan het verlede Saterdag op hul tuisveld vir ‘n wegholoorwinning gesorg teen Letaba in die Boet Fick-liga.

Die eerstes het Letaba met 72-8 geklop nadat hulle teen rustyd 15-3 voor was. Potties het in die tweede helfte gewys wie is koning op die veld en ‘n allemintige 57 punte aangeteken met Willem Dreyer wie met ‘n vierkuns gespog het en Antony Hawken met ‘n driekuns.

Potties se haker, Renier Labuschagne, is aangewys as die voorspeler van die wedstryd en die beste algehele speler was Hans du Plessis.

Potties het die vaste fasette oorheers en Casio de Sousa se vinnige spel het gesorg dat Potties se tempo een te veel vir die manne van Letaba was. Die drie van die dag is deur Labuschagne gedruk na ‘n individuele lopie van sowat 65 meter waarna hy die bal oor die heelagter se kop getik het en afgerond het.

Die tweedespan moes die knie buig teen Letaba se tweedes wat met 32-19 gewen het.  Die afrigters is egter vol vertroue dat die tweedespan op pad boontoe is en binnekort die vrugte van hulle harde werk gaan begin pluk.

 

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button