Krugies blink uit op die gholfbaan
Die jaarlikse KFC Laerskool Krugerpark Gholfdag het altesaam 136 ywerige spelers verlede Donderdag na die Kameeldoringgholfbaan getrek. Sien die uitslae here
MOKOPANE – Altesaam 34 spanne, bestaande uit vier spelers elk, het vroegoggend afgeslaan en kort-kort in mekaar se nek geblaas vir die kans om met die louere weg te stap.
Rian van Heerden en die Krugies se gr. 7-gholfspelers, Hanno Janse van Rensburg, Declan Brews en Johanco Welgemoed het ‘n bobaas span gevorm en met 129 punte die ander spanne laat les opsê.
Hendrik (Swannie) Swanepoel, Stanley Blount, De Wet Kruger en Walkie Kruger is met 123 punte as naaswenners vereer met Fanie Kemp, Jackie van Wyk, Kobus van Wyk en MJ Bekker in die derde plek met 121 punte.
Vanjaar het die skool dié dag op die basis van ‘n klaskompetisie geloots en die voogonderwysers, ouers en leerders van die gr. 2-groep het puik gevaar.
Skoolhoof, Johann Vertongen, bedank al die spelers, organiseerders en borge vir hulle bydrae en in besonder die hoofborg, KFC van die Roossenekal groep, waarsonder dié geleentheid nie moontlik sou wees nie.
Skoolhoof Johann Vertongen (links) wens Van Heerden, Johanco Welgemoed, Declan Brews en Hanno Janse van Rensburg geluk met hul puik spel.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za





