Bosveld SportSport

Junior Lim-tennis raap trofee op

Die junior tennisspanne van Limpopo het onlangs hulle slag tydens die Junior Provinsiale Tennistoernooi gewys en die o/12 gemengdespan het 'n gesogte tweede plek verwerf.

MOKOPANE – Die o/12 en o/14 spanne het hulle vernuf op die bane van die Benoni Lake Tennisklub gewys, die o/10 span het vir ‘n puikspel op die tennisbane van Hoërskool Waterkloof gesorg en die o/16 en o/18 spanne het die provinsie se naam op die bane van die Universiteit van Pretoria hoog gehou.

Die vurige o/12 spelers is Ruan van der Walt en Ruach Wagner van Polokwane, Franco Pretorius en Marais Botha van Tzaneen, Idenei Smit van Mokopane, Lize Sullwald van Bela-Bela, Anike Holtzhausen van Modimolle en Leani du Toit van Vaalwater.

Hermant Rowjee, Mokopane tennisafrigter, sê hy is baie trots op die jong en talentvolle spelers en in besonder Idenei wat die dorp trots verteenwoordig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button