Bosveld SportSport

Piet Pot trappers is tops!

Hoërskool Piet Potgieter se bergfietsryers het 'n spog vierde plek gekry na die finale been van die Limpopo Spur Bergfietsren wat verlede Saterdag gehou is.

MOKOPANE – Die tawwe Tour de Lip wedren is op Louis Trichardt gehou en was die vierde van vier wedrenne van hierdie bergfietsreeks. Daar was sewentien hoërskoolspanne wat sake uitgespook het tydens die Tour de Lip. Die deelnemers van HPP was Arno Smit, Brandon Janse van Vuuren, Carel Smit, Eldric Bekker, Emil Sinclair, Pieter Pretorius en Wilma Nel. Hoërskool Louis Trichardt was die algehele hoërskoolwenner, maar HPP se Arno Smit het koning gekraai as die reekswenner in die subjuniorafdeling. Hy gaan later vanjaar saam met sy broer, Carel, sowel as Brandon Janse van Vuuren en Eldric Bekker aan die Nasionale kompetisie deelneem.

Oosskool is die laerskole-kampioen. Altesaam 21 spanne het deelgeneem en Laerskool Krugerpark het met goeie spanwerk ‘n spoggerige sewende plek verower.

lionel@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button