Bosveld SportSport

HPP atlete sorg vir pure goud

Die Marius Lengton-Gedenkatletiekbyeenkoms is verlede naweek vir die 31ste keer gehou by die Peter Mokaba stadion met die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé as gasheer.

MOKOPANE – Altesaam 18 skole se atlete het meegeding in die 100 items en Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het met 10 goue, 13 silwer en 16 brons medaljes weggestap.

Marius Lengton was ‘n oud-leerder en veelsydige atleet van Hoërskool Tom Naude wat op ‘n jong ouderdom in ‘n motorongeluk oorlede is. Hoewel daar geen rekords gebreek is nie, het HPP se atlete vir goeie prestasies gesorg.

Van die uitblinkers wat goue medaljes huistoe gebring het, was:

•William Mohlaloga in die 300 m hekkies, seuns o/15 met ‘n tyd van 41.06 sek. en in die 100 m hekkies met ‘n tyd van 14,19 sek.

•Karabo Maripa het in die langafstande vir seuns o/16 in die 1500 m gespog met ‘n tyd van 4:24.69 sek.

•Luzaan Taljaard presteer in gewigstoot, meisies o/16, met ‘n afstand van 12,49 m

•Werner Esterhuizen spring ver in die verspring seuns o/17 met ‘n afstand van 6,45 m

•Michelle Tshilwana se tyd in die 200 m, meisies o/14 was 26,97 sek.

•Ellah Maepa presteer in spiesgooi, meisies o/17 met ‘n afstand van 28,39 m

•Jessica Matjiu hardloop die 800 m, meisies o/15 in ‘n tyd van 2:33,38 sek.

lionel@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button