Local sportSport

Skopboksers sien uit na hierdie jaar

Twaalf studente van die Limpopo Province Sport Karate and Kickboxing Academy (LPSKKA) het die onlangs aan die Galaxy Wêreldassosiasie van Skopboksorganisasies (Wako) se interprovinsiale skopbokskompetisie in Kemptonpark deelgeneem.

POLOKWANE – Twaalf studente van die Limpopo Province Sport Karate and Kickboxing Academy (LPSKKA) het die onlangs aan die Galaxy Wêreldassosiasie van Skopboksorganisasies (Wako) se interprovinsiale skopbokskompetisie in Kemptonpark deelgeneem.

Die klub sien uit na ‘n besondere suksesvolle jaar nadat die studente verskeie medaljes verower het by dié kompeitisie.

“Ons is baie trots op die studente wat besonder goed gevaar het in alle afdelings,” sê sensei Nico Myburgh.

“Ons werk hard en sien uit na die Suid-Afrikaanse Mixed Marshall Arts-kampioenskappe van die Internasionale Sportkarate-assosiasie wat op 30 en 31 Augustus in Kaapstad en 4 en 5 Oktober in Jeffreysbaai plaasvind,” vertel Myburgh.

Uitslae:

• Leandre Peyper – goud in semi-kontak, ligte kontak en kreatiewe vorms van kata.

• Anushka Mostert – silwer in kreatiewe vorms kata.

• Armand Meyer – silwer ligte kontak.

• Lee Kleynhans – goud in semi-kontak en goud in ligte kontak.

• Sempai Maryna Peyper – goud in ligte kontak en brons in semi-kontak.

• Elzemieke Meyer – goud en silwer in semi-kontak en silwer in ligte kontak.

• Kiaan Kleynhans – goud in ligte kontak en brons in semi-kontak.

• Stephan Pretorius – silwer in semi-kontak en brons in ligte kontak.

• Erica Peyper – goud in semi-kontak en goud in ligte kontak.

• Sempai Danny Janse van Vuuren – goud in semi-kontak en silwer in ligte kontak.

• Michael Swanepoel – silwer in semi-kontak en silver in ligte kontak.

• Elize Pretorius – silwer in ligte kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button