Local sportSport

Veteraanspeler gaan na Turkye

Die 75-jarige Johan Grové is onlangs gekies om Suid-Afrika in Antalya, Turkye by die super seniors wêreldtenniskampioenskappe in Oktober te verteenwoordig.

POLOKWANE – Die 75-jarige Johan Grové is onlangs gekies om Suid-Afrika in Antalya, Turkye by die super seniors wêreldtenniskampioenskappe in Oktober te verteenwoordig.

Vir Grové, voormalige voorsitter van Verre-Noord Tennis en Polokwane Tennisklub, is dit die vyfde keer wat hy vir Suid-Afrika tennis op wêreldvlak gaan speel.

Hy kon egter net twee uit die vyf keer vantevore reis na Nieu-Seeland en Turkye om die wêreldkampioenskappe by te woon.

“Ek gaan in die enkel- en dubbelspel deelneem en is die enigste lid van Polokwane Tennisklub wat Suid-Afrika al so ver verteenwoordig het,” vertel hy.

Grové was eerste op die Suid-Afrikaanse 70+ ranglys tot en met April, toe hy na die tweede plek geskuif het nadat hy nie in die Noord-Transvaal Tenniskampioenskappe deelgeneem het nie.

Hy is ook eerste op die dubbelspelranglys en vanjaar die Boland-veteranespan verteenwoordig, siende dat Limpopo nie ‘n span het nie.

Hy het die jaar met groot sukses aan die interprovinsiale tennistoernooi en Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem.

“Ek sal aanbeveel dat jongmense moet aanhou om ‘n sportsoort te beoefen. So baie jong spelers is belowend en dan hou hulle op tennis speel,” verduidelik hy.

Hy speel al vir die laaste 53 jaar tennis en vertel hoe hy om as ‘n jong man begin tennis speel het aktief te bly.

“Dit is goeie oefening, ‘n mens is in die buitelug en dit is natuurlik ook baie sosiaal,” verduidelik Grové.

“Deur dié sport het ek vriende gemaak regoor die land en ook regoor die wêreld.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button