Hanglip 54 gholftoernooi weer ‘n sukses danksy ‘n vol veld
Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die Hanglip 54-toernooi, het plaasgevind vanaf 10 tot 12 Julie by die Soutpansberg Gholfklub.
MAKHADO – Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die Hanglip 54-toernooi, het plaasgevind vanaf 10 tot 12 Julie by die Soutpansberg Gholfklub.
Hierdie jaar was die 21ste agtereenvolgende jaar dat die Hanglip 54-toernooi gespeel is.
Dié gewilde toernooi lok jaarliks ‘n vol veld van 128 spelers van regoor die land, wat oor drie dae oor 54 putjies sake uitspook.
Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ‘n beterbal stableford-kompetisie meeding. Elke dag is daar dus twee wenners. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele stableford-telling oor al drie dae aanteken.
Die wenners van die Hanglip 54-toernooi is as volg; Verlede Donderdag Morné Gouws en Maarten Venter met 50 punte, Vrydag se wenners is Pierre Grobler en Bennie Smit met 45 punte, Saterdag se wenners is Morné Gouws en Inus Steyn met 46 punte. Die algehele wenner is Pieter Guillaume met 114 punte.
Die Soutpansberg Gholfklub bedank graag die volgende borge: “Imperial GM Louis Trichardt – Innus Steyn, Auto Pedigree – Edna, Coca – Cola Fortune, SAB & Makhado Bierverspreiders, Khumo Plant Hire (Borg), Soutpansberg Gholfklub se Hanglip Komitee (Arie Steyn, Sagrys Nortje, Percy Anderson, Lizet Joubert en Marius Labuschagne), alle spelers wat deelgeneem het en wat van ver af gekom het, alle kroegmanne en kelners, Kobus Barkhuizen (jnr.) vir die tellings, Johanna Horn en kombuispersoneel vir die lekker kos, Jean-Marie Brown – kantoor, kaarte skryf en finansies, Elmarie Fogwell, Teresa Senekal & Philip Potgieter met die hulp van Woensdagaand se voorbereiding, Andre de Bruin en baanpersoneel, Flippie Greyling vir die skenking van die deure, Brink Schlesinger vir die skenk van die rooibok, Cobus van der Goot vir die skenk van die groente en ‘n baie groot dankie aan ons klubkaptein Marius Mostert.”



