Local sportSport

Lim-aksiekrieket wil ‘n slag slaan teen ander

Die Limpopo mans ope aksiekrieketspanlede is Dinsdagaand aangewys by die Polokwane Action Sports Arena.

POLOKWANE – Die Limpopo mans ope aksiekrieketspanlede is Dinsdagaand aangewys by die Polokwane Action Sports Arena.

Gustav de Beer, Sajid Khan, Shannon Venter, Nardo Greeff, Andy Müller, Roelf Du Toit, Rayno Venter, Ruhan Els, Francois Du Toit en Doug Dalton sal Limpopo verteenwoordig by ‘n interprovinsiale toernooi.

Die toernooi sal plaasvind by die Hillfox Arena in Roodepoort van 19 tot 23 Augustus en Limpopo sal teen spanne van Gauteng-Sentraal, Gauteng-Oos, Gauteng-Noord, Gauteng-Wes, Gauteng-Wes se uitnodigingspan, die Vrystaat en Kwa-Zulu Natal Midlands te staan kom.

“Ons beoog om in die finale te speel volgende Saterdag,” het kaptein, Andy Müller gesê.

Die span vertrek Sondag na Gauteng en speel Maandag ‘n opwarmingswedstryd teen Westelike Provinsie se o/30-span.

Dinsdag skop die toernooi af en sal die span hulle eerste wedstryd teen Gauteng-Sentraal speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button