Local sportSport

Rugbyweek se aksie is nie te versmaai nie

Rugbyliefhebbers en -ondersteuners kan uitsien na 'n week van top-amateurrugby by die Peter Mokaba Stadium volgende week.

POLOKWANE – Rugbyliefhebbers en -ondersteuners kan uitsien na ‘n week van top-amateurrugby by die Peter Mokaba Stadium volgende week.

Amateurspanne van die Leeus, Valke, Leopards, Blou Bulle (twee spanne), Limpopo Blou Bulle, Laeveld en Pumas sal teen mekaar op die veld uitdraf.

Die Limpopo Blou Bulle Rugby-unie, in samewerking met die Blou Bulle Rugby-unie en die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, sal die toernooi aanbied van 17 tot 22 Augustus.

Die eerste rugbywedstryd sal op 18 Augustus om 10:00 afskop met al agt spanne wat wedstryde teen mekaar sal speel op dié dag.

Die tweede ronde van die toernooi, die premier- en plaatkompetisie, sal op 20 Augustus plaasvind en die finale- en uitspeelwedstryde sal op 22 Augustus plaasvind.

Vir meer inligting skakel Joan du Toit by 015 291 4752 of stuur ‘n e-pos na joan@limbloubulle.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button