Terry wen 5de plek by spele
Terry van Rensburg, 'n 19-jarige stoeier van die Ion Baciu Stoeiklub het die stad se naam hoog gehou tydens die onlangse Statebondspele in Glasgow, Skotland.
POLOKWANE – Terry van Rensburg, ‘n 19-jarige stoeier van die Ion Baciu Stoeiklub het die stad se naam hoog gehou tydens die onlangse Statebondspele in Glasgow, Skotland.
Van Rensburg het as junior deelgeneem teen van die mees ervare stoeiers ter wêreld en het respek afgedwing toe hy in sy eerste stoeigeveg van die spele sy opponent, Jacob Munene van Kenia, met 6-0 oorrompel het.
Mehrdad Tarash van Australië ook in die kwarteindgeveg vasgeval teen Van Rensburg wat die geveg gemaklik met 5-0 beklink het.
Van Rensburg het daarna in die semifinale teen die Kanadees en silwer medalje wenner, Jevon Balfour, vasgeval na hy die stoeigeveg op tegniese punte verloor het.
Die Nigeriër, Sampson Clarkson, het hom met tegniese punte gewen in die brons medalje geveg.
Review het met Van Rensburg en sy afrigter, Jan Roets, gesels na sy teruggekeer na Polokwane na die afloop van die spele.
Van Rensburg het vertel dat hy nie ontmoedig is deur die feit dat hy nie ‘n medalje gewen het nie en dat hy die Statebondspele sien as ‘n belangrike leerskool.
“Ek wou graag ‘n medalje gewen het. ‘n Medalje was my doel gewees, maar die spele was vir my ‘n goeie begin en is ook ‘n voet in die deur vir die 2016 Olimpiese Spele,” het hy verduidelik.
“Dis nou net terug na die drawing board,” vertel hy.
Een van die grootste uitdagings vir Van Rensburg is dat hy nie sy afrigter by hom gehad het nie.
“Die Spele was ‘n wonderlike ervaring en ons Suid-Afrikaanse stoeiers het mekaar baie goed ondersteun. Skotland self is ook ‘n baie mooi skoon plek.”



