27 medaljes by SA’s
Altesaam 25 senior gim-naste van Zani's Gimnastiekakademie het van 9 tot 11 Oktober in Kaapstad aan die senior Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele deelgeneem en uitstekend gevaar.
POLOKWANE – Altesaam 25 senior gimnaste van Zani’s Gimnastiekakademie het van 9 tot 11 Oktober in Kaapstad aan die senior Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die artistiese- en trampoliengimnaste het in die Belville Velodrome deelgeneem, en die ritmiese gimnaste in die Goeie Hoop Sentrum in Kaapstad.
Zani’s se gimnaste het weereens puik presteer by hierdie kompetisie waar meer as 4 000 gimnaste van al nege provinsies deelgeneem het.
Zani’s se gimnaste het 27 medaljes ingepalm, waarvan 11 goud, agt silwer, en 19 brons.
Afrigter, Zani Prinsloo, was een van die nuusmakers tydens die kompetisie en het vir die 14de keer ‘n trofee ontvang as beste afrigter in Suid-Afrika.
Monique Oelofse het puik presteer en vyf goue medaljes in vlak 6 van die ritmiese afdeling vir meisies ouer as 15 jaar gewen.
Lara Prenzler het goud in die Eurotrampolien vlak 2-afdeling gewen en nog ‘n goue medalje vir die balkitem gewen. Sy het ook ‘n silwer medalje in die artististiese afdeling vir meisies op vlak 4 gewen.
Juane Vorster is gekies vir die nasionale span en het haar Suid-Afrikaanse kleure verwerf danksy haar prestasie in die vlak 6 ritmiese afdeling vir meisies o/13, waar sy ‘n algehele derde plek verwerf het. Sy het ook ‘n goue medalje inpalm in die knuppel-item.
Medaljewenners:
• Carlo Drotskie (vlak 2), goud vir Eurotrampolien.
• Marizaan Quin (vlak 6), goud vir bal en algeheel derde in die o/15-ritmiese afdeling.
• Marinette Vorster (vlak 6), brons medalje vir knuppels en vierde algeheel in die 15 jaar en ouer ritmiese afdeling.
• Ezri Hugo (vlak 5), goud vir vrydans en brons vir tou, algeheel vierde in die o/15-ritmiese afdeling.
• Zandri van der Gryp (vlak 4), goud vir vrydans, silwer vir bal, brons vir tou en hoepel en algehele derdeplek in die ritmiese afdeling 15 jaar en ouer.
• Sanja Pretorius (vlak 4), goud vir brug o/11 artistiese afdeling.
• Abigail de Jager (vlak 4), brons vir brug o/10 artistiese afdeling.
• Caleb Braack (vlak 4), silwer vir rekstok, brons vir brug en vyfde algeheel in die nege tot 10 jaar artistiese afdeling.
• Eduaniq Harmse (vlak 4), silwer vir brug en brons vir ringe in die 11tot12 jaar, artistiese afdeling
• Deon Kriel (vlak 4), brons vir brug 11tot12 jaar artistiese afdeling
• Liam Botha (vlak 4), algeheel derde 13 tot 17 jaar artistiese afdeling
• Leandre du Preez (vlak 2), algehele derde in die Eurotrampolien-afdeling.



