Local sportSport

Polokwane se armdrukkers skitter in die nasionale kampioenskappe in Witbank

Lede van die Lynx Armdrukklub het op 28 en 29 November aan die nasionale armdrukkampioenskappe deelgeneem in Witbank en 16 medaljes verower.

POLOKWANE – Lede van die Lynx Armdrukklub het op 28 en 29 November aan die nasionale armdrukkampioenskappe deelgeneem in Witbank en 16 medaljes verower.

Danie Fourie, Polokwane se ambassadeur vir dié sportsoort, is tydens die kampioenskappe tot president van die Suid-Afrikaanse Armdrukfe-derasie verkies.

Terselfdertyd is mede Lynx-lid verkies tot se-kretaresse van die federasie.

“Dit is ‘n groot eer, maar dit sal harde werk wees,” het Danie aan Review gesê.

Hy het bygevoeg dat hy trots is op die Lynx-klublede se prestasies tydens die nasionale kampioenskappe.

Lynx-uitslae:

• Danie Fourie, goue medalje vir regterarm en silwer vir medalje regterarm in die senior mans o/100kg-kategorie.

• Phillip Nel, goue medalje vir linkerarm en silwer medalje vir regterarm in die senior mans o/100kg-kategorie, twee goue medaljes in die meesters-kategorie.

• Martin van Wyk, goue medalje vir linkerarm in die senior mans o/80kg-kategorie, silwer medalje vir regterarm in die senior mans o/90kg-kategorie.

• Christopher Nel, goue medalje vir linkerarm in die senior mans o/90kg-kategorie.

• Rinus Gouws, twee silwer medaljes in die junior mans o/90kg-kategorie.

• Hendrik Fourie, brons medalje in die seniorklas.

• Wilma Nel, vier goue medaljes in die meisies o/60kg-kategorie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button