Toprenjaers beloon
Polokwane Oval het verlede Vrydagaand tydens 'n swierige prysuitdelingsfunksie by Grin Court net buite die stad die klub se top-renjaers vereer.
POLOKWANE – Polokwane Oval het verlede Vrydagaand tydens ‘n swierige prysuitdelingsfunksie by Grin Court net buite die stad die klub se top-renjaers vereer.
“Ons opreg trots op al die renjaers wat so hard gewerk het die afgelope jaar en veral op ons klubkampioene asook die streeks- en nasionale kampioene,” het Francois Weidemann, promotor van die klub gesê.
Willie Blignaut het trofeë ontvang vir sy nasionale eerste plek in die stockrods-klas, tweede plek in die stockrods-streekskampioenskappe asook vir eerste plek in Polokwane Oval se 2014 klubkampioenskappe in die stockrods-klas.
Blignaut was ook die renjaer wat die meeste punte deur die jaar aangeteken het by Polokwane Oval.
Nico Grebe het trofeë ontvang vir sy nasionale tweede plek in die stockrods-klas asook tweede plek in die stockrods-klas van die Polokwane Oval se klubkampioenskappe.
Desmond Bosch het trofeë ontvang vir ‘n nasionale tweede plek in die 2.1L gemodifiseerde-klas asook ‘n tweede plek in die Polokwane Oval-klubkampioenskapppe in die 2.1L gemodifiseerde-klas.
Roelof van Breda het trofeë gekry vir sy eerste plek in die streekskampioenskappe in die 2.1L gemodifiseerde-klas, sy eersteplek tydens die Motorsport SA se Tar Oval Racing-streekskampioenskappe (TORC). Van Breda is ook aangewys as TORC se Sportman van die Jaar.
Hy het ‘n trofee vir sy eerste plek in die 2.1L gemodifiseerde-klas in Polokwane Oval se klubkampioenskappe gekry.
Piet Venter het ‘n trofee vir sy nasionale derde plek in die Super Saloons-klas gekry. Venter is ook die klubkampioen in hierdie klas.
Allas Pienaar het trofeë ontvang vir sy derde plek in die streekskampioenskappe se hotrods-klaskampioenskappe en is ook aangewys as die Polokwane Oval klubkampioen in die hotrods-klas.
In die beginnersklas is Dylan Bosch as klubkampioen aangewys. Bosch het ook die trofee vir die mees belowende renjaer gewen.
Die ovals se eerste byeenkoms volgende jaar vind plaas op 31 Januarie.



