Local sportSport

‘Prise de Fer’ in Mokopane

DIE EreSabel Skermklub van Mokopane het Saterdag hul eerste provinsiale toernooi by die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes aangebied.

DIE EreSabel Skermklub van Mokopane het Saterdag hul eerste provinsiale toernooi by die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes aangebied.

Die toernooi is bygewoon deur die Firebirds, en Raven Mitchell House skermklubs van Polokwane asook die Musina Skermklub.

Die toernooi het bestaan uit vier afdelings; kadet o/17 epée en foil en die senior epée en foil.

“Beide die kadet- en seniorinskrywings het verdubbel in vergelyking met verlede jaar se inskrywings. Ons het Saterdag 42 kadetinskrywings en 25 seniorinskrywings gehad,” het Mark Howitt, voorsitter van die Limpopo Skermvereniging, gesê.

Die uitlsae vir die toernooi vir die dag, die EreSabel skermklub in Mokopane het met 10 medaljes uit die stryd getree:

• Eben Wagner (EreSabel) het goud gewen vir kadet epée en silwer vir kadet foil.

• Emil Sinclair (EreSabel) het silwer vir kadet epée gewen en brons vir kadet foil.

• Johann van der Walt (EreSabel) het brons vir kadet epée gewen.

• Charl Venter (Firebirds) het brons vir kadet epée gewen en goud vir kadet foil.

• Jamie Norval (Firebirds) het brons gewen vir kadet foil.

• Andrew Howitt (EreSabel) het goud gewen vir senior epée en goud vir senior foil.

• Uwe Schröder (EreSabel) het silwer gewen vir senior epée en brons vir senior foil.

• Marnus De Coning (Musina) het brons gewen vir senior epée.

• Jandré Nel (Firebirds) het brons gewen vir senior epée en silwer vir senior foil.

• Tjaart van der Merwe (EreSabel) het brons gewen vir senior foil.

In Desember het drie lede van die Limpopo Skermvereniging deelgeneem aan die nasionale skeidsregterseksamen.

Uit 19 deelnemers het slegs ses gekwalifiseer en drie van hierdie gekwalifiseerde skeidsregters was van die Limpopo Skermvereniging

Mark Howitt, voorsitter van die Limpopo Skermvereniging, Uwe Schröder van EreSabel en Willie Botha van die Raven Mitchell House skermklub in Polokwane het gekwalifiseer.

Vyf afrigters, Uwe Schröder (EreSabel), Andrew Howitt (EreSabel), Wally Goosen (Firebirds), Steven McCabe (Firebirds) en Willie Botha (Raven Mitchell House) het ook gekwalifiseer as nasionale skermafrigters. Hulle het hul Internasionale Olimpiese Federasie Skermafrigter-sertifikaat ontvang.

Die kursus was gefasiliteer deur Skerm Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button