Hy is tennisspeler van die toernooi
DIE 16-jarige Tiaan Strüwig van Hoërskool Piet Potgieter het sy vernuf op die tennisbaan verlede naweek by Hoërskool Merensky se tennistoernooi bewys.
MOKOPANE – DIE 16-jarige Tiaan Strüwig van Hoërskool Piet Potgieter het sy vernuf op die tennisbaan verlede naweek by Hoërskool Merensky se tennistoernooi bewys.
Vier skole het aan hierdie toernooi deelgeneem waarvan Hoërskool Piet Potgieter as wenner uit die toernooi getree het.
Tiaan het trofeë opgeraap vir die beste speler van die toernooi en hy is aangewys as span kaptein.
Hemant Rowjee, ondervoorsitter van die Potties tennisklub, is Tiaan se afrigter en het aan Bosveld gesê dat hy vreeslik trots is op Tiaan se puik prestasie.
Indien enige iemand belangstel om lid te word van die Potties tennisklub, of vir afrigting skakel vir Rowjee op 082 795 9160.



