Local sportSport

Two Oceans draf hul lag-lag kaf

VAN die fikse drawwers van die Potties Atletiekklub het verlede Saterdag die 45ste Two Oceans-marathon in Kaapstad kafgedraf.

MOKOPANE – VAN die fikse drawwers van die Potties Atletiekklub het verlede Saterdag die 45ste Two Oceans-marathon in Kaapstad kafgedraf.

Die Two Oceans-marathon is een van ons land se mees besonderse sportbyeenkomste, met ‘n uitdagende 56 km ultra – en 21 km half marathon deur die skilderagtige Kaapse Skiereiland.

Drawwers van regoor die wêreld neem jaarliks aan hierdie unieke atletiek ervaring deel.

Vanjaar was daar meer as 15 000 drawwers wat aan die 21 km half-marathon deelgeneem het en byna 11 000 het die 56 km ultra-marathon aangepak. Potties Atletiekklub se drawwers was ook daar om hul slag te wys.

Van die klublede wat klaargemaak het, is: Cecilia Ferreira (6:29 min), Estelle Geerkens (5:25 min), Aubrey Baloyi (6:28 min), Sarie Coetzee (6:24 min), Farrial Hoosen (6:25 min) en Liesl de Beer (5:49 min).

Liesl het nie net die spogprestasie bereik om die ultra-marathon met sukses te voltooi nie, maar dit was ook haar tiende marathon wat aan haar ‘n permanente nommer, 4989, by die Two Oceans besorg het.

Die volgende lede het die half-marathon voltooi: Christiaan Swanepoel (1:57 min), Janet Duvenhage (2:27 min),en Andrea Ferreira (2:21 min).

“Ons is baie trots op al die lede wat aan hierdie merkwaardige marathon deelgeneem het,” het Werner Kraft, voorsitter van die Potties Atletiekklub, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button