Swemmers tans by SA’s in Durban
Vyf swemmers van Eagar Aquatics Swim Academy het gister na Durban vertrek om aan die Suid-Afrikaanse senior swemkampioenskappe deel te neem.
POLOKWANE – Vyf swemmers van Eagar Aquatics Swim Academy het gister na Durban vertrek om aan die Suid-Afrikaanse senior swemkampioenskappe deel te neem.
“Die vyf swemmers moes baie streng kwalifiserende tye behaal, so ons is baie trots op hulle,” sê Douggie Eagar, Eagar Aquatics Swim Academy afrigter. Sou die swemmers uitsonderlik tydens dié kampioenskappe presteer, baan dit die weg vir internasionale deelname. Die swemmers gaan teen groot name meeding, insluitend Chad le Clos en Roland Schoeman.
Die vyf swemmers het Donderdag hul provinsiale kleure ontvang.
“Ons hoop om ‘n hele paar finale te swem en alhoewel dit baie gaan verg, sien ons uit,” het Eagar vertel.
Die SA senior swemkampioenskappe duur tot Saterdag, 18 April.



