Fred Jooste gholfdag sorg vir ‘n vol veld by Kameeldoringklub
DIE Fred Jooste gholfdag het verlede Saterdag by die Kameeldoring Gholfklub gesorg vir 'n vol veld van 110 spelers.
MOKOPANE – DIE Fred Jooste gholfdag het verlede Saterdag by die Kameeldoring Gholfklub gesorg vir ‘n vol veld van 110 spelers.
Die fondsinsamelings-dag is gehou vir die 65-jarige Fred Jooste, wat agt maande gelede met kanker gediagnoseer is. Dié blink idee van Lisa Jooste het sy oorsprong gekry toe Fred se kleinseun, die 11-jarige Erick Jooste een oggend vir sy ma sê: “Ek het gedink as elke maatjie in die skool ‘n R5 gee, kan dit help om oupa se mediese koste te betaal”, en siedaar.
Bosveld het die prysuitdeling bygewoon.
Dit was hartroerend om te sien hoe die gemeenskap die dag ondersteun het en hoe alomgeliefd Fred is.
Wynand Welgemoed en MC Genis was as die wenners van die dag gekroon met 51 punte op ‘n uittel en Manie van der Nest en Pieter Peens het ‘n tweede plek behaal, ook met 51 punte op ‘n uittel.
Die Joostefamilie bedank al die spelers van die dag asook Kannie Dood Gastehuis, Anthony Percy Hawken, Heinie Holtzhausen, Dirk Prinsloo, Zelda Bekker, Lemei Hanekom, Tumuga Wildsplaas, Canvas and Steel, Danie van Vuuren, Garrun Makelaars en Limpopo Doors vir hulle ondersteuning.
Hulle bedank ook al die borge wat die dag moontlik en suksesvol gemaak het, Zebediela Bricks, Ali Sabdia, Salom Arbeidsmakelaars, Christo du Toit, Coert de Lange, Laura Korp, Phillip de Lange, Fanus de Beer, Piet van Zyl, Stefan Badenhorst, Urma Prinsloo, Nylpark Drankwinkel, Ciprotech, Rodney Prinsloo,Hester Botha, Timothy Kieswetter, Ivan Bower, Micro Matica, Caltex Ranch, Jacques Spangenberg, Louis Greyling, Wimpy van Dyk, Attie Young, Sunita McDonald, CG Prinsloo en Seuns, Jackie Louw, Will en Avril, Fred Beytel, Lourens Botha, EL Auto, J&S Slaghuis, Renita Prinsloo, Stefan Blount, Adel Jooste en Garrie Nel.
“Ek is baie dankbaar vir al die ondersteuning,” sê Fred.





