Hulle brand helder vir SA
Vier lede van die Firebirds Skermklub brand hulle name nou in die land se geheue; hulle is genooi om Suid-Afrika gedurende die 2015 Statebondspele te verteenwoordig.
POLOKWANE – Vier lede van die Firebirds Skermklub brand hulle name nou in die land se geheue; hulle is genooi om Suid-Afrika gedurende die 2015 Statebondspele te verteenwoordig.
Moné McCabe, Charl Venter, Emme-Jé Hatton en Anerique van der Walt vertrek op Vrydag, 10 Junie na Kaapstad waar hulle die kans gaan kry om teen verskeie lande te kompeteer sodat hulle Suid-Afrika se naam hoog kan hou.
Hulle het by die junior nasionale skermkampioenskappe in Bloemfontein gekwalifiseer om aan die Statebondspele deel te neem.
Enige persoon van enige ouderdom, wat belangstel om by die Firebirds Skerm Klub aan te sluit is welkom om die klubafrigters Wallace Goosen by 083 379 6969 en Steven McCabe by 082 775 0184 te kontak vir meer inligting.




