Local sportSport

Rugbyspan kry hul nuwe toerusting

Die Limpopo nasionale polisierugbyspan het hul nuwe rugbytoerusting op Maandag, 29 Junie ontvang.

POLOKWANE – Die Limpopo nasionale polisierugbyspan het hul nuwe rugbytoerusting op Maandag, 29 Junie ontvang.

Konica Minolta het die nuwe toerusting vir die span geborg vir die span se toer waar hulle gaan deelneem aan die Nasionale Polisie Rugbykampioenskappe.

Die span sal Dinsdag vertrek om te begin met hul oefenkamp en sal op Maandag, 6 Junie hul eerste wedstryd afskop.

In die Nasionale Polisie Rugbykampioenskappe gaan hulle teen 12 spanne kompeteer, verskeie spelers gaan uit hierde spanne gekies word vir die Nasionale span of die Ontwikkelingspan.

“Ons gaan dalk ‘n bietjie sukkel omdat ons ‘n klein provinsie is, maar ek weet dit sal goed gaan,” sê Osie Oosthuizen, die Suid-Afrikaanse polisie Limpopo uitvoerende bestuur.

Die Limpopo Nasionale Polisie rugbyspan ontvang hul rugbytoerusting geborg deur Konica Minolta.
Die Limpopo Nasionale Polisie rugbyspan ontvang hul rugbytoerusting geborg deur Konica Minolta.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button