Local sportSport

Hierdie is tieners om dop te hou

Die resiesgogga het drie leerders aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gebyt.

POLOKWANE – Die resiesgogga het drie leerders aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gebyt.

Dylan Bosch (14), Johnny Durant (18) en Roeline van Breda (14) ry gereeld resies op die Ovaalbaan en vertel dat dit ‘n gevoel is wat hulle nie kan beskryf nie.

“Ek ry sedert Augustus 2014 toe ek vir my verjaarsdag ‘n resiesmotor by my pa gekry het,” vertel Dylan. Hy het ‘n maand daarna aan sy eerste kompetisie deelgeneem.

Dylan vertel dat sy pa al ‘n geruime tyd ry en dit is hoe hy ook betrokke geraak het by die sport. Hy begin kort voor ‘n wedstryd eers oefen en hy ry omdat dit vir hom lekker is, nie net om te wen nie.

“Dit is baie lekker om te ry. Ek geniet die spoed en is glad nie bang nie. Dit is ook lekker omdat ek en my pa kans kry om iets saam te doen wat ons albei geniet.”

Roeline het vroeg in 2014 reeds begin ry en in Mei 2014 haar eerste motor afgeskryf toe sy teen ‘n muur vasgejaag het.

“Gelukkig is die motors versterk en ek het nie seergekry nie,” vertel sy.

Haar pa en haar jonger broer ry ook gereeld en sy is trots om aan mense van haar ouderdom te kan sê dat sy reeds kan bestuur. Sy vertel dat sy, net soos Dylan, kort voor ‘n wedren eers begin oefen en dat sy aan niks sleg kan dink oor die sport nie.

Johnny se pa en sy oom ry beide Ovaalbaan-motors en hy het in September 2014 begin om self deel te neem aan die sport.

“My ma sit langs die baan en stres terwyl ons ry,” vertel hy laggend.

Johnny het onlangs ‘n wedren gewen en vertel dat daardie gevoel ongelooflik was.

“Die lekkerste is om eerste oor die wenstreep te ry, die vlag te vat en dan weer ‘n rondte te ry. Ongelukkig is daar baie politiek betrokke en dit maak dinge soms sleg.”

Al drie van hulle beplan om die sport steeds te beoefen na skool. “Daar is nie geld daarin nie, so mens kan nie regtig ‘n loopbaan maak daarvan nie, maar dit is ‘n lekker stokperdjie,” verduidelik Johnny.

Tommie-jaers trots op hul warm enjins

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button