Lim se Bulle steeds bobaas
Die Coca-Cola Grant Khomo-week sorg altyd vir naelbyt-aksie en talentvolle spelers.
POLOKWANE – Die Coca-Cola Grant Khomo-week sorg altyd vir naelbyt-aksie en talentvolle spelers.
Dit het hierdie jaar ook nie teleurgestel nie.
Die Limpopo Blou Bulle o/16-span neem tans deel aan die Coca-Cola Grant Khomo week waar hulle op Maandag, 6 Julie in Oudshoorn stof in die oë van die Griekwas geskop het met ‘n oorwinning van 50-17.
Die o/16-span het ook die volgende dag teen die Luiperde gespeel en weereens as die wenners weggestap met ‘n telling van 38-19.
Die Limpopo Blou Bulle se o/18-span neem deel aan die Akademieweek, maar hulle het ongelukkig nie hulle wedstryd teen die Griffons op Maandag, 6 Julie in Vanderbijlpark gewen nie, die eindtelling was 56-21 in die Griffons se guns.
Die o/18-span het wel die volgende dag die geleentheid gekry om hulle naam uit die stof te lig met ‘n oorwinning van 24-20 teen die Blou Valke.
Die Coca-Cola Grant Khomo week loop vandag (Donderdag) op ‘n einde.




