Bosveld SportLocal sportSport

Kom trap jou fiets saam vir Kansa in die reservaat

RY jou bergfiets en al jou energie gereed vir die Debtsafe Kansa MTB Uitdaag-fietswedren wat op 10 Oktober by Shikwaru Lodge buite Mokopane gehou word.

MOKOPANE – KRY jou bergfiets en al jou energie gereed vir die Debtsafe Kansa MTB Uitdaag-fietswedren wat op 10 Oktober by Shikwaru Lodge buite Mokopane gehou word.

Hierdie bergfietsren wat net na 07:00 die oggend begin behoort by oud en jonk byval te vind en daar is verskillende afstande waaraan deelgeneem kan word. Vir die fikses is daar die 75 en 35 km rit waarvoor ‘n CSA lisensie nodig is. ‘n Lisensie kos R35 en kan die oggend daar bekom word.

Die inskrywingsfooi vir die 75 km rit is R180 en R150 vir die 35 km wedren. Dié twee fietsrenne is kwalifiserende ritte vir Limpopo kleure.

Daar is ook ‘n 10 km en 2 km wedren in die skone natuur met ‘n inskrywingsfooi van onderskeidelik R60 en R30. Onthou geen deelnemer sal sonder ‘n helm toegelaat word nie. Kansa sal daar wees vir diegene wat wil bloedskenk of wil deel in die Kansa Shave-a-thon pret.

Bring die hele familie om die dag saam in die natuur te kom geniet. Daar sal braaigeriewe wees om laatoggend ‘n vleisie oor die kole te trek en braaipakke sal te koop aangebied word. Vir meer inligting kontak Madelein Fourie by 082 760 9253 of stuur ‘n epos na madelein@debtsafe.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button