Bosveld SportLocal sportSport

Rofstoei g’n foefie, brul die krytleeu

Kobus Erasmus, beter bekend as die “Ananzi Lion of Africa”, en tans die swaargewigkampioen van die WWP All Africa Championships en SA swaargewigstoeikampioen gee 'n bietjie raad vir aspirant-rofstoeiers.

MOKOPANE – DIE lekkerste van rofstoei is om die skare wie uit die palm van jou hand eet, te vermaak. Ek sê altyd: “the one that can keep the crowd the loudest for the longest time, he is the man”.
Aan die gesels is Kobus Erasmus, beter bekend as die “Ananzi Lion of Africa”, en tans die swaargewigkampioen van die WWP All Africa Championships en SA swaargewigstoeikampioen.
Hy het saam met ‘n groot groep alombekende rofstoeiers van die World Wrestling Professionals (WWP) by die KierieKlapperKunstefees sy stoeivernuf aan die feesgangers kom wys.
Ons vra hom ‘n paar vragies:
Wat was jou grootste uitdaging tot nou?
Ek het in 2007 my stoeivernuf in die kryt van die World Wrestling Entertainment (WWE) in die VSA gaan bemeester. Ek het terugkeer met ‘n gebreekte rug, maar die ondervinding was ongelooflik.
Waarom het jy besluit om die African Punishment Wrestling Association in Johannesburg te stig?
Daar was ‘n honger vir rofstoei in ons land en toe stig ek die African Punishment Wrestling Association (APWA). By die APWA word die kuns van rofstoei vir belowende rofstoeiers vanaf 18-jarige ouderdom geleer.
Baie mense sê dit is slegs toertjies en nie eg nie, is dit waar?
Ek belowe die “hazards” is eg, dit is waarlik ‘n kuns om te bemeester. Ek het al ‘n gebreekte rug, geskeurde skouerligamente en vele ander beserings in die kryt opgedoen.
Wie is jou rolmodel?
My rolmodel is die superheld Dwayne “The Rock” Johnson. Hy is ‘n ware inspirasie en ‘n voorbeeld dat jy van niks iets kan maak. Sy motto is: “when opportunity knocks kick the door down”.
Wat is jou raad vir aspirant-rofstoeiers?
Drink al jou vitamienes en bid, terg hy. As jy ‘n droom het, lewe jou droom, moenie geleenthede laat verby gaan nie en vat ‘n kans.
Alle belangstellende rofstoeiers kan vir Erasmus kontak by 082 269 8325 of die stoeiers se webblad besoek by ananzipowerwrestlingacademy.co.za.

Monique Venter van die Potgietersrus Stoeiklub wie eersdaags in Bosnië aan die Kadette Wêreldstoeikampioenskappe gaan deelneem, wys vir Kobus Erasmus, hoe dit gedoen moet word.
Monique Venter van die Potgietersrus Stoeiklub wie eersdaags in Bosnië aan die Kadette Wêreldstoeikampioenskappe gaan deelneem, wys vir Kobus Erasmus, hoe dit gedoen moet word.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button