Local sportSport

Jukskei speler (17) verduidelik sy liefde vir die sport

Chris Viljoen (17) spog nie net met SA-kleure nie, maar ook 'n afrigtersbaadjie.

POLOKWANE – Hy vertel dat hy sewe jaar oud was toe hy jukskei begin speel het. ‘My ma het jukskei afgerig,” vertel Viljoen.

Op 12-jarige ouderdom het hy in die o/13A-span tydens die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe voor Limpopo verteenwoordig. In sy o/13-jaar was hy kaptein van die o/13-span en in sy o/14-jaar het hy vir die o/16 SA A-span, oftewel die SA B-span, gespeel.

Op 15-jarige ouderdom het hy vir die o/16 SA-span gespeel en op 16 was hy gekies as kaptein van die o/16-span.

“Ek speel nou jukskei vir die o/19-span. Ons gaan einde April en begin Mei in Namibië aan die Namibië-ope deelneem. Op 18 Maart het ek as kaptein vir die o/30 SA-seniorspan deelneem,” sê hy trots.

Hy vertel dat alhoewel dit maklik lyk, is dit nie maklik om jukskei te speel nie. Daar is ‘n pen wat in ‘n sandput gedruk is waarna ‘n mens dan met die skei moet gooi.Jou ouderdom bepaal hoe ver weg van die pen af jy moet staan en tans staan Chris 14 meter weg. Chris se skeie weeg 1,8kg elk, maar ‘n mens kry ligter skeie ook. Skeie word meestal van ligte rubber gemaak.

Chris vertel dat daar gewoontlik vier lede in ‘n span is en dan kan reserwes nog bykom. ‘n Dag met jukskeikompetisies kan lank duur omdat ‘n wedstryd gewoonlik ‘n uur duur met ‘n 15 minute ruskans voor die volgende ronde.

“‘n Mens moet jukskei-fiks wees. Jy is heeltyd op jou voete en moet die heeltyd konsentreer. Jy hou jou span se telling asook die ander span se telling. Daar is bevind dat dit die derde mees tegniese sportsoort is. Ek oefen elke dag vir ongeveer ‘n uur lank. Die lekkerste gevoel vir my is wanneer jy ‘n 23 gooi.”

‘n Skof bestaan uit 23 punte en die span wat aan die einde van die gooibeurt 23 punte het, behaal die skof. Indien daar deur die gooi van ‘n skei meer as 23 punte behaal word en die telling nie deur die gooi van ‘n skei(e) teruggebring kan word na 23 of minder nie, “bars” die betrokke span (telling 0).

Vir Chris is dit sleg om teen spanne te speel wat slegte verloorders is of wanneer hy ‘n bars vir sy span gooi.

“Ek neem ook deel aan atletiek. My vriende dink nie snaaks van my omdat ek jukskei speel nie, hulle is wel net onder die indruk dat dit maklik is. Soms probeer hulle om saam te speel en vind dan gou uit dit is nie heeltemal so maklik soos dit lyk nie,” skerts hy.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button