In die kol vir Lim skuts
Die Suid-Afrikaanse Sport en Jag Federasie-Limpopo tak het onlangs 'n nagskiet- en dagskietkompetisie aangebied op 15 en 16 April. Uitslae is soos volg:
POLOKWANE – Op die Vrydag het skuts ses skote gehad waarna hulle na ‘n luiperd, bosvark en jakkals moes skiet.
Op die Saterdag het hulle vier skote gehad waarna hulle na verskeie bokke en ‘n jakkals moes skiet.
Daarna moes hulle een of twee skote na ‘n 100 x 100 mm “gong” skiet wat op ‘n afstand van 200 m geleë was.
Die skuts het drie skote vanuit ‘n lêposisie met dooierus geskiet na ‘n rooibok, blesbok en springbok, asook twee of drie skote vanaf die 200 m tafels uit dooierusposisie na die jakkals en “gong” met slegs rus voor op die loop van die geweer.
Die totaal van al die skote kom op 30 neer.
Uitslae is soos volg:
Nagskiet:
1. Hannes Willemse – 26 uit 30.
2. Handré Willemse – 24 uit 30.
3. Org van Zyl – 22 uit 30.
Dagskiet:
1. Piet de Jager – 29 uit 30.
2. Org van Zyl – 28 uit 30.
3. Leon Boon – 28 uit 30.










