Local sportSport

Blitzbokkie kook op internasionale vlak

Nadine Roos het weereens haar talent bewys tydens die 2016 Roma Sewes Toernooi finaal, toe sy as speler van die toernooi aangekondig is.

POLOKWANE – Die Suid-Afrikaanse Sewes Vrouespan (Lady blitzbokke) het onlangs die finaal van die 2016 Roma Sewestoernooi in Rome teen Kenya gespeel, waar hulle Kenya oortuigend 40-0 gewen het.

Die oorwinning was te danke aan Nadine se spel waar sy twee drieë gedruk het en ook vyf skoppe oor die pale gekry het wat daartoe gelei het dat sy as Speler van die Toernooi gekroon is. “Dit is ‘n baie groot eer om as Speler van die Toernooi aangekondig te wees, maar ek wil by sê dat dit my span se motivering en bystand is wat my deur gedruk het om ‘n beter speler te wees en altyd my beste te gee,” vertel Nadine.

Nadine sê dit was nog altyd haar droom om Rome toe te kan gaan, en dat sy haar droom bereik het tydens die toernooi.

“Ek voel ek het baie daar geleer, ek is nog ‘n jong en onervare speler so daar is nog altyd plek vir verbetering en ek voel dat ek heelwat geleer het,” verduidelik sy.

Nadine wil graag dankie sê aan almal wat haar ondersteun het tydens die toernooi. “Ek wil dankie se vir my ouma, wat my al die pad ondersteun het, ek wil ook dankie sê aan my Tuks afrigter Riaan van der Merwe, my Springbokafrigter, Renfred Dazel, my kaptein, Lorinda Brown en my spanmaat, Mathrin Simmers wat my ook bygestaan het en ondersteun het,” vertel Nadine.

calvyn@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button