Nuwe seisoen en spelers beloof skouspelagtige rugby
Die Potgietersrus Rugbyklub is oorgehaal vir die nuwe jaar en is gerat om vir skouspelagtige rugby te sorg.
MOKOPANE – Renier Labuschagne, Voorsitter van die Potgietersrus Rugbyklub, sê hy is baie opgewonde oor die nuwe jaar se rugbyvooruitsigte. “Ons het ‘n paar nuwe spelers en ons is seker hulle gaan vir opwindende rugby deur die jaar sorg.”
Namens die rugbyklub bedank hy almal vir hul ondersteuning en lojaliteit.
“Ons bedank elke borg, ondersteuner, familie en vriende wat in die koue of hitte langs die veld ons ondersteun.”

Die eerste oefening vir 2018 begin 16 Januarie en daar sal elke Dinsdag en Donderdag 18:30 oefening wees op Hoërskool Piet Potgieter se A-veld. Diegene wat wil aansluit hul wil borg kan Labuschagne by 081 523 6491 of Leslie Venton by 071 481 9721 kontak.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




