Local sportSport

PHS gee hokkie ‘n hupstoot met kenners op baan

Die Nederlandse hokkiekliniek, met top internasionale afrigters, kom in Januarie by Hoërskool Pietersburg (PHS) kuier.

POLOKWANE – PHS is baie opgewonde oor ‘n Hokkiekliniek wat 20 en 21 Januarie deur Nederlandse afrigters by dié skool aangebied gaan word. Die geleentheid gee leerders van verskeie skole die platform om by van die beste afrigters in die wêreld te kan leer en sodoende hul eie talent te ontgin en bevorder.
Die Princess Dutch Clinic bied jaarliks ‘n hokkiekliniek gedurende die Januarie-skoolvakansie op alle groot astro-turffasiliteite in Suid-Afrika vir beide ouers en leerders van ses tot 18 jaar.
“Ons sien uit om te sien wat die skooljaar vir ons op die hokkieveld gaan oplewer. Hokkie was nog alyd ‘n sterk sportsoort by PHS en ons wil graag sien hoe dit van krag tot krag gaan.
“Daar is 92 leerders wat aan die hokkiekliniek gaan deelneem en ons is baie opgewonde,” het Anél Bezuidenhoud, PHS se seunshokkieorganiseerder, gesê.
Van PHS se hokkiespelers het reeds voor en in die Desembervakansie aan die komende seisoen begin werk om seker te maak dat hulle gereed is om die jaar op ‘n hoë noot af te skop.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button