Local sportSport

Dryfhou na dryfhou help ysters die ‘Ystertjies’

Laerskool Pietersburg se ondersteunersklub het Saterdag kragte saamgespan met PanSolutions om 'n gholfdag by The Protea Ranch Resort aan te bied.

POLOKWANE – Volgens die orgniseerders was die dag, wat gehou is ten bate van die skool se minderbevoorregte leerders (Ystertjies), ‘n reuse sukses.

Een van die organiseerders, Martin Kroh, sê die ondersteunersklub het ten doel om hiérdie leerders in alle opsigte by te staan.

“Die klub se standpunt is om leerders te ondersteun dat hulle sodoende ook geleenthede gegun word wat andersins meer finansiële druk op hulle ouers sou plaas.

“Die gholfdag was ‘n reuse sukses met toegewyde en hardwerkende ouers van die skool wat lede van die klub is.”

Martin Moulder en J P Mostert het volgens Kroh die leisels geneem om die dag te organiseer. “‘n Baie groot dank van waardering vir al die ouers wat deel van die klub is en wat bygedra het.”

Hy het ook die borge van die dag bedank.

Lorraine Rosendorff, Menslikehulpbronnebestuurder by PanSolutions, vertel dat hulle aktief betrokke is by die borg van skole se gholfdae.

“Dit is vir ons ‘n voorreg om deel te wees van ‘n gemeenskap

wat elke keer handevat om ‘n sukses van hul gholfdag te maak. Dit maak ons trots om ons

naam saam met die betrokke skole se name te sien. Laerskool Pieterburg se

gholfdag was ‘n reuse sukses en ons bedank almal wat betrokke was.”

Die wenners op die dag was:

1. Nico Nyburg en Nelmar Smit.

2. Hennie Meyer en Marcell Meyer.

3. Hannes Willemse en Theo Jansen van Rensburg.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button