Local sportSport

Tinus Botha is ‘n kolskoot handpistool-skut

Masada-Klub, geaffilieerde lede van Limpopo Praktiese Skiet Assosiasie, het Saterdag, 10 Augustus ‘n Praktiese Pistool-liga by die Bosveld Jagters en Wildbewaring Vereniging se baan aangebied.

POLOKWANE –  Tinus Botha het by dié kompetisie weer gewys dat hy onder die top presteerders is, as dit by pistool-skiet kom. Hy het ‘n algehele tweede plek behaal. Daar is in die volgende klasse meegeding; synde oop-klas, produksie-klas, produksie optika-klas, standaard-klas asook die klassieke-klas. In dié klasse word daar ook in verskillende kategorieë naamlik; synde super senior, senior, dames, juniors en super juniors, deelgeneem. Die agt praktiese bane was weereens van uitstaande gehalte en daar word met groot lof, deur al die deelnemers, oor die uitdagings en vernuf wat getoets
is, gepraat. Tinus Botha het in 2004 aan skietkompetisies begin deelneem, nadat die vuurwapenwet sy belangstelling in hierdie sport geprikkel het.“Skiet is ‘n baie lekker sportsoort. Jy neem nie noodwendig teen ander deelnemers deel nie, maar teen jouself,” vertel Tinus.
Hy neem in drie afdelings deel wat praktiese skiet, drie-geweer en kegelskiet insluit. Hy het al springbokklere in die sportsoort verwerf en het al ‘n paar keer aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem, waar hy in die pistool, handgeweer en geweer afdelings presteer het. Tinus het die land aln in onder andere in Bulgarye en Rusland gaan verteenwoordig.
Hy glo dat veiligheid altyd eerste kom asook dat ‘n goeie skut altyd doelwitte stel. Iets wat hy self ook doen, tesame met harde oefening en werk, om dit te verwesenlik.
Sy groot passie is om jongmense op te lei, om nie net te kan skiet nie, maar reg te kan skiet.

Uitslae van die dag:
• Oop-klas algeheel:
1. Philip Smit
• Produksie-klas algeheel:
1. JM Myburgh.
2. Tertius Smit.
3. Geoff Goetsch.
4. Dannhauser Muller.
• Produksie optika-klas algeheel:
1. Marita Botha.
2. Jurie Meyer.
3. Riekert Botha.
4. Tinus Botha Jnr.
• Standaard-klas algeheel:
1. Franco Rossouw.
2. Clint Montgomery.
3. Riaz Latib.
4. Ruben Rautenbach.
• Klassieke-klas algeheel:
1. Dion du Bruyn.
2. Tinus Botha.
3. Sakkie van Wyk.
4. Philip Kusseler.
• Kategorieë:
• Produksie-klas:
• Senior:
1. Tinus Erasmus.
2. Jurie Meyer.
3. Herman Joubert.
• Junior:
1. Joshua Montgomery.
• Dames:
1. Jane van Wyk.
2. Santie Joubert.
3. Aletta Montgomery.
• Super junior:
1. Helgaardt Muller.
2. Jacques Kotze.
• Produksie optika-klas:
• Dames:
Marita Botha.
Junior:
Tinus Botha Jnr.
• Standaard-klas
• Super senior:
Jan Oosthuizen.
• Super junior:
Eric Rautenbach.
• Klassieke-klas:
• Senior:
1. Dion du Bruyn.
2. Sakkie van Wyk.
3. Philip Kussler.
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button