Local sport

Jong Tuks Swemklub swemmers laat rekords spat

Die swemmers bedank Awie Hattingh vir al die afrigting, leiding en harde werk.

MOKOPANE – Die jong swemmers van Tuks Mokopane Swemklub het Saterdag met talle medaljes en rekords weggestap tydens die Swem Suid-Afrika (SSA) se vlak 1 swemkampioenskappe wat in Polokwane aangebied is.

Altesaam 127 swemmers van verskeie skole en klubs het teen mekaar meegeding.

Die uitblinkers wat aan die kampioenskappe deelgeneem het was Beytell Lubbe, Leah-May Claassen, Mia-Rose Smit, Aldo Vorster, Stephan Teich, Wian Prinsloo, William Smit, Emma-Lee Claassen, Avah Smit, Xander Engelbrecht, Jacques Engelbrecht, Mamosa Ramokgopa, Ranti Ramokgopa, Livia Venter, Dries Roodt, Wouter Venter en Lumé Venter.

Die swemmers bedank Awie Hattingh vir al die afrigting, leiding en harde werk.

Uitblinkers van Tuks Mokopane Swemklub wat rekords opgestel en podiumplekke behaal het:
• Beytell Lubbe (5) stel ‘n nuwe rekord op in die 25m-rugslag en kry ook goud in die 25m-borsslag en 25m-vryslag.
• Leah-May Claassen (5) verwerf goud in die 25m-borsslag en twee silwer in die 25m-rugslag en 25m-vryslag.
• Mia-Rose Smith (6) is tweede in die 25m-rugslag en 25m-vryslag en derde in die 25m-borsslag.
• Aldo Vorster (7) stel ‘n nuwe rekord op in die 100m-wisselslag. Hy is tweede in die 25m-vlinderslag en derde in die 25m-rugslag. Hy behaal ‘n sesde plek in die 25m-vryslag en ‘n sewende plek in die 25m-borsslag.
• Stephen Teich (7) behaal ‘n vierde plek in die 25m-rugslag en 100m-wisselslag. Hy is ook vyfde in die 25m-borsslag en negende in die 25m-vryslag.
• Wian Prinsloo (8) is agste in die 25m-vlinderslag, 25m-rugslag en 100m-wisselslag. Hy is ook negende in die 25m-vryslag en tiende in die 25m-borsslag.
• William Smit (8) behaal ‘n sesde plek in die 100m-wisselslag, sewende in die 25m-vlinderslag en agste plek in 25m-vryslag. Hy is ook negende in die 25m-rugslag en 25m-borsslag.
• Emma-Lee Claassen (8) stel ‘n nuwe rekord op in die 100m-wisselslag en kry drie silwer medaljes in die 25m-rugslag, 25m-borsslag en die 25m-vryslag.
• Avah Smit (8) stel twee nuwe rekords op in die 25m-rugslag en 25m-borsslag. Sy kry ook ‘n goue medalje in die 25m-vryslag en twee silwer medaljes in die 25m-vlinderslag en 100m-wisselslag.
• Xander Engelbrecht (9) verower goud in die 100m-wisselslag, twee silwer in die 25m-rugslag en 25m-borsslag. Hy kry ook twee brons in die 25m-vlinderslag en 25m-vryslag.
• Jacques Engelbrecht (12) verower goud in die 100m-borsslag, 50m-vlinderslag, 50m-rugslag, 200m-wisselslag en 50m-borsslag.
• Mamoso Ramokgopa (9) is vierde in die 25m-rugslag en sesde in die 25m-vlinderslag, 100m-wisselslag, 25m-borsslag en 25m-vryslag.
• Ranti Ramokgopa (11) kry ses eerste plekke vir 100m-borsslag, 50m-rugslag, 100m-rugslag, 50m-vryslag, 200m-wisselslag en 100m-vryslag. Hy behaal ook silwer in die 50m-borsslag en brons in die 50m-vryslag.
• Livia Venter (7) behaal ‘n silwer in die 100m-wisselslag en drie brons medaljes in die 25m-vlinderslag, 25m-rugslag en 25m-borsslag. Sy kry ook ‘n vierde plek in die 25m-vryslag.
• Dries Roodt (8) behaal ‘n sewende plek in die 25m-rugslag en 100m-wisselslag. Hy is ook agste in die 25m-borsslag en elfde in die 25m-vryslag.
• Wouter Venter (9) stel ‘n nuwe rekord op in die 25m-borsslag en verower goud in die 25m-rugslag. Hy kry ook twee silwer medaljes in die 25m-vlinderslag en 100m-wisselslag. Hy eindig derde in die 25m-vryslag.
• Lumé Venter (11) verower ‘n goud in die 50m-rugslag en ‘n vierde plek in die 50m-vryslag.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button