Nog ‘n suksesvolle Marius Lengton-atletiekdag
Dié gewilde atletiekdag is by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied en dit is steeds een van die gewildste atletiekbyeenkomste.
POLOKWANE – Die jaarlikse Marius Lengton atletiekbyeenkoms vorm deel van die voorseisoen vir die volgende jaar se atletiekprogram.
Dié gewilde atletiekdag is Saterdag by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied en dit is steeds, na 38 jaar, een van die gewildste atletiekbyeenkomste om aan deel te neem.
Die dag het sy ontstaan op 1 Oktober 1986 ter na gedagtenis aan ‘n kranige sportman en atleet van Tom Naudé, Marius Lengton. Tydens die afgelope 36 byeenkomste is ongeveer 11 365 medaljes met Marius Lengton se naam daarop, regdeur Suid-Arika versprei.
Deelnemende skole was Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg, Northern Academy, Curro Heuwelkruin, PEPPS, Polokwane Hoërskool, Piet Potgieter, Stanford Lake College, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Warmbad en Nkowankowa Secondary School. Oosskool het ook atlete wat aan die kompetisie deelgeneem het.
Geen rekords is tydens hierdie byeenkoms opgestel nie.
Uitslae:
Seuns:
1. Tom Naudé: Totaal: 235 waarvan 18 goud, sewe silwer en 10 brons 10.
2. Pietersburg Hoërskool: Totaal: 22 waarvan nege goud, agt silwer en vyf brons.
3. Nylstroom: Totaal: 15 waarvan nege goud en ses silwer.
4. Merensky: Totaal: 30 waarvan agt goud, 10 silwer en 12 brons.
5. Rob Ferreira: Totaal: 19 waarvan ses goud, drie silwer en 10 brons.
Meisies:
1. Pietersburg Hoërskool: Totaal: 33 waarvan 15 goud, sewe silwer en 11 brons.
2. Merensky: Totaal: 36 waarvan 12 goud, 12 silwer en 12 brons.
3. Rob Ferreira: Totaal: 17 waarvan agt goud is, vyf silwer en vier brons.
4. Nylstroom: Totaal: 21 waarvan ses goud, nege silwer en ses brons.
5. Tom Naudé: Totaal: 18 waarvan
vyf goud, sewe silwer en ses brons.




