Skuts korrel vir ‘n kolskoot
Van die skuts het met die 20m posligaskiet begin waar daar met 'n senterslagpistool of -rewolwer, randslagpistool of -rewolwer, lugpistool, of met 'n handwapen in die ope klas kon geskiet het.
MOKOPANE – Die RC Brits Maribashoek skietbaan was verlede Saterdag ‘n miernes van bedrywighede soos wat die skuts van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Soetdoringtak aan die maandlikse posliga en immergewilde multi-dissiplinêre skiet (MDS) deelgeneem het.
Van die skuts het met die 20m posligaskiet begin waar daar met ‘n senterslagpistool of -rewolwer, randslagpistool of -rewolwer, lugpistool, of met ‘n handwapen in die ope klas kon geskiet het.
Die res van die skuts het na die MDS skietbaan beweeg waar daar drie scenarios geskiet is.
Die bloedige hitte het nie die skuts afgeskrik nie en almal het die dag geniet.
By die posligaskietbaan, in die senterslagpistoolafdeling het Franco Kiesling vir homself ‘n eerste plek losgeskiet met 173.01 punte.
Kort op sy hakke was JP Vermeulen in die tweede plek met 156.01 punte. In die derde plek is Piet Kiesling met 151.00 punte.
Willem Engelbrecht behaal ‘n vierde plek met 112 punte.
Franco Kiesling, in die handwapen opeklas skiet ‘n wentelling van 169.02 punte.
In die tweede plek is Liep Liebenberg met 142.02 punte, derde met 132.01 punte is Piet Kiesling.
JP Vermeulen skiet ‘n vierde plek los met 131 punte.
By die MDS skietbaan kraai Tobie van Deventer koning in die eerste plek met 262.49 punte, kort op sy hakke in die tweede plek is Eckehard Schuhardt met 256.86 punte.
In die derde plek is Braam Dreyer met 247.95.
“Aan al die nuwe lede wat kom skiet het, dit was goed om te sien julle het dit ook geniet, en ons hoop om julle gereeld om die baan te hê. Ons volgende skietdag is eers weer in November, hou ons Facebookblad dop vir datums en meer inligting,” vertel die SAJWV bestuur.








