Local sport

Roedie fokus op UFC-kampioentitel

Roedie Roets spog met 32 Suid-Afrikaanse titels in beide vry- en Grieks Romeinse style.

POLOKWANE – Op die ouderdom van drie word Roedie Roets (27) aan stoei as sportvorm blootgestel en bykans onmiddellik word ‘n lewenslange liefdesband gevorm.

Teen 13 is die band reeds gevestig en kan dié talent, wat later gevegskuns sou insluit, nie verder weggesteek word nie.

Vandag spog hy met die titel van interim veergewigkampioen in gemengde gevegskuns en sy bynaam is nie verniet Relentless nie, want Roedie is genadeloos wanneer sy voete die gevegsmat raak.

Roedie was ook Span Shevchenko se hoofafrigter, Valentina Schevchenko, se eerste keuse vir die Ultimate Fighting Championship: Team Grasso vs. Team Shevchenko wat in Augustus in Las Vegas plaasgevind het.

Sou Roedie in Las Vegas tydens die UFC se The Ultimate Fighter geveg gewen het, sou hy ‘n goeie kans gestaan het om ‘n kontrak by hulle los te slaan.

“My eerste geveg in Las Vegas in Augustus was teen ‘n Meksikaan, Guillermo Torres wat ek gewen het. Die tweede ronde was teen Kaan Ofli, ‘n Australiër. Hier het ek egter verloor. Dana White, HUB van die UFC, waar Dricus du Plessis veg, was baie beïndruk met my Olimpiese standaard stoei en het gesê ek het ‘n blink toekoms wat voorlê, moontlik saam met die UFC.”

Sy mees onlangse geveg was op 10 Oktober toe hy teen Ayanda ‘The Power’ Zwane te staan gekom het in die EFC Extreme Fighting Championship Africa in Sandton.

“Die feit dat dit geveg van die aand was, is ‘n bonus. Ons het vyf rondes gehad wat elk vyf minute geduur het, en ek het al vyf gewen.”

Roedie sê voorbereiding is baie belangrik, liggaamlik en geestelik. Hy oefen saam met Igeu Kabesa, sy mede-afrigter by die Ion Baciu Stoei Gimnasium as deel van sy voorbereiding.

Kabesa, wat self ook afrigter is en kompeterend veg, het in Julie aan die Extreme Fighting Championship 115 in Sandton deelgeneem. Hy het teen Humphrey ‘King Cobra’ Mulenga geveg en gewen.

“‘n Mens kan baie seerkry as jou voorbereiding nie op standaard is nie. Jy moet lewe vir die sport en ongelooflik baie oefen.”

Beide ek en Igeu is gereed vir vele gevegte en om aan die Olimpiese Spele deel te neem.”

Roedie rig ook stoeiers af en dit gee vir hom struktuur.

Hy en sy ewe bekende pa, Jan, die eienaar van Ion Baciu Stoei Akademie, glo om voornemende stoeiers ‘n maand kans te gee om te besluit of hulle regtig van stoei hou voordat hulle by die klub inskryf. Kabesa rig saam met die Roetse af.

Die span rig ook stoei af by Pietersburg Laerskool en Curro Heuwelkruin af.

Roedie spog met 32 Suid-Afrikaanse titels in beide vry- en Grieks Romeinse style.

“Ek droom daarvan om ‘n UFC wêreldkampioen te word, soos Dricus, in sy voetspore te volg en Suid-Afrika en Polokwane trots maak. Verder wil ek ook my pa trots maak wat reeds ‘n Olimpiese kampioen opgelewer het asook wêreldkwaliteit stoeiers. Later, wanneer ek UFC-kampioen is, wil ek meer fokus op die afrigting met die oog om vir meer mense hierdie geleentheid te gee om as trotse stoeiers die wêreld in te gaan,” sluit hy af.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button