Local sport

Silwer vir dié Krugie-swemspan

Na afloop van die dag het die Krugiemeisie-span met 781 punte op die telbord gestaan terwyl die seuns spog met ‘n puntetelling van 804 punte.

MOKOPANE – Laerskool Krugerpark se swemspan het ‘n tweede plek verower tydens die Top 8 skolegala wat verlede naweek in Tzaneen gehou is.

Altesaam 391 swemmers van onder meer Laerskool Bosveld, Julian Muller, Krugerpark, Phalaborwa, Tzaneen, Pietersburg-Oos en Unicorn Preparatory School het deelgeneem.

Foto: Ettienne Prinsloo

Na afloop van die dag het die Krugiemeisie-span met 781 punte op die telbord gestaan terwyl die seuns spog met ‘n puntetelling van 804 punte.

Die Krugies se gesamentlike puntetelling van 1 585 het gesorg dat hulle die tweede plek inneem, na Laerskool Tzaneen wat wen met 1 694 punte. Laerskool Phalaborwa eindig derde met 1 497 punte.

Emma-lee Claassen is aangewys as die junior Victrix Ludorum, saam met haar is skoolhoof Annatjie de Kock. Foto: Ettienne Prinsloo

Die Krugies se medaljesak het behoorlik gebult na die gala.

Emma-lee Claassen is aangewys as die junior Victrix Ludorum, en swem ‘n nuwe tyd van 03:18 los in die o/10 meisies 200m wisselslag.

Jaimee Smit, die swemorganiseerder het almal bedank vir hulle bydrae tot ‘n suksesvolle swemjaar.

Foto: Ettienne Prinsloo

“Ek kan nie glo die swemseisoen vir 2024 het tot ‘n einde gekom nie. Dit was regtig een vir die boeke. Baie dankie aan elke swemmer vir hulle harde werk en deursettingsvermoë. Julle het ons almal so trots gemaak. Baie dankie Awie Hattingh vir jou omgee en harde werk met die kinders. Ons kinders leer soveel by jou elke jaar, ons is dankbaar om jou as afrigter te hê. Aan Karen Coetzee en Cheraye Engelbrecht wat my regterhande is by die skool, baie dankie vir julle hulp om swem by die skool die lekkerste sport te maak. Annatjie de Kock, baie dankie dat jy ons kinders ondersteun en deel is van ons span. Ouers, sonder julle is die nie moontlik nie, baie dankie vir julle geduld en ondersteuning. Die op en af ry, die werk as beamptes as ek vra. Dis so lekker om te weet ons het julle ondersteuning. Dankie vir almal wat geborg en bydrae gelewer het. Dankie vir alles wat agter die skerms gebeur om ons span so suksesvol te maak. Ons gaan julle gr. 7-groep mis volgende jaar. Baie, baie dankie vir ‘n uitstekende 2024.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button