Local sport
Spoed, stof by motocross-bane
Brulfiets aanhangers het ‘n dag vol stof en plesier by die Capricorn Racing Club baan gehad tydens ‘n pretdag by die baan.
POLOKWANE – Alhoewel die wolke deur die loop van Sondagoggend begin saampak het, het dit nie motocross-aanhangers verhoed om die dag op die baan te geniet nie.
Reeds van vroeg af het ryers en hulle ondersteuners by die baan in Silikonstraat bymekaar gekom, gereed vir spoed, stof en sosiaal verkeer.
Aangesien dit net ‘n pretdag was, is daar geen amptelike wenners nie, maar die ryers, veral die ouer groepe, het mekaar tog oor elke heuwel en om elke draai gas gegee om te wys wie die beter motocross ryer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



