Local sport

Voëltjie en arende vir dié gholf-sensasie

Timmezanne Andrin (18) het haar passie vir gholf tydens lockdown ontdek en neem nou deel aan toptoernooie.

POLOKWANE – Die Covid-19-pandemie was vir talle mense ‘n deel van hulle lewe wat hulle eerder wil vergeet, maar daar is tog lesers wat nuwe vaardighede in hierdie tyd aangeleer het.

Timmezanne Andrin (18) het in die grendeltyd begin gholf speel.

“My pa het vir my vertel hoe hy en sy vriend saam speel en ek wou net een keer ‘n paar balle slaan. Die een keer het ontwikkel in my grootste liefde vir hierdie sport.”

Timmezanne sê dit is vir haar lekker om te speel aangesien gholf “die soort sport is wat pret verskaf maar steeds jou brein gefokus hou”.

Sy ontmoet ander mense deur gholf en vorm sommer baie nuwe vriendskappe.

Sy het reeds in die Polokwane Gholfklub se Club Champs, IPT by Humewood Gholfklub in Port Elizabeth, Sun City Nomads SA-meisieskampioenskappe, die Limpopo Ope en ‘n hele paar skoolligas meegeding.

“My gunsteling baan om te speel, is Koro Creek Gholflandgoed in Modimolle. Daar is ‘n paar faktore wat ‘n rol speel in gholf, maar die moeilikste is om jou geestestoestand ten alle tye positief te hou. Ek oefen drie tot vier keer ‘n week.”

Timmezanne het vanjaar haar skoolloopbaan voltooi en beoog om haar gholfloopbaan voort te sit.

“My raad aan iemand wat in my voetspore sou wil volg is om dadelik te begin speel. Vertrou jou eie houe en moenie ander mense se raad altyd as reg beskou nie. Elke persoon se houe en styl verskil en dis wat gholf uniek maak, daar is nie ‘n verkeerde manier om te slaan nie.”

Sy het tydens haar hoërskoolloopbaan by Hoërskool Pietersburg ook hokkie gespeel, maar dit opsy geskuif toe die gholf begin ernstig raak.

Sy beplan om B.Sc by die Universiteit van Pretoria te studeer en gholf vir die universiteitspan te speel.

“Ek wil graag weer in groot toernooie deelneem. In my vrye tyd oefen ek gholf, kuier saam met familie en vriende en bring tyd voor die TV deur waar ek ander spelers dophou.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button