Local sport

Mokopane onnies rol balle vir spanbou

Die doel van die dag was om spanbou te hou tussen die onderwysers van Ortloff's Preparatory School se kleuterskool tot gr. 7.

MOKOPANE – Die opgewondenheid was groot by die Potgietersrus Rolbalbaan verlede Vrydag toe 13 spanne opgedaag het vir Ortloff’s Preparatory School se eerste rolbaldag.

Die doel van die dag was om spanbou te hou tussen die onderwysers van die kleuterskool tot gr. 7.

Die wenspan: Pink Panthers Jessica van Graan, Mammy Ramoshaba, Leanne Scholtz en Emmerika Schlechter.

Dit was ‘n heerlike dag met die Pink Pantherspan van Jessica van Graan, Mammy Ramoshaba, Leanne Scholtz en Emmerika Schlechter wat die wennertitel verower het.

Die skool beplan om meer sulke spanboudae te hou. “Dit was ‘n reuse sukses en almal het onmiddellik gevra wanneer ons weer so ‘n dag gaan reël,” vertel Nadien Holtzhausen, Ortloff’s onderwyser.

Die skool bedank die rolbalklub wat hulle geriewe beskikbaar gestel het, en die rolbalklublede wat die aksie saam beleef het.

Revaldo Molomo, Nolene Theunissen, Emmah Molekoa en Peter Tau is reg vir die dag.

“Ons wil baie dankie sê aan ons hele span onderwysers se oneindige energie, en dat hul dit soveel pret maak om ons skool se personeelkultuur en hartklop sterk te hou. Ons is dankbaar om so ‘n ‘FUNtastic’ Ortloff’s span te hê.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button