Local sport

Met pyl, boog durf Polokwane boogskietskuts toernooi aan

olgens AGA se hoofuitvoerendebeampte, Wilhelm Greeff, neem interprovinsiale spanne op die eerste dag deel, terwyl volwasse skuts op die tweede dag teen mekaar meeding.

POLOKWANE – Honderde boogskietskuts en hulle families het verlede week die stad besoek vir die Africa Genesis Archery (AGA) se nasionale toernooi, wat oor vier dae by die Polokwane Karee Militêre Basis gehou is.

Volgens AGA se hoofuitvoerendebeampte, Wilhelm Greeff, neem interprovinsiale spanne op die eerste dag deel, terwyl volwasse skuts op die tweede dag teen mekaar meeding.

Die laaste twee dae is gereserveer vir klubs en skole.

“Tydens die interprovinsiale kampioenskappe skiet skuts net na die teiken se middelpunt, terwyl die ander skuts ook 3D-diere van rubber kan skiet,” het Greeff verduidelik.

Daar is tans nie ‘n boogskiettklub in Polokwane nie, maar Hilda van der Schyff, ma van jong skut Isak, beoog om vroeg in 2026 ‘n klub vir die stad se inwoners te begin.

“Ek is nog op soek na geskikte grond of ‘n area waar ons kan oefen,” sê sy.

Greeff beklemtoon dat boogskiet ‘n familiegesinde sport is.

“Kinders, selfs baie jonges en dié in rolstoele, kan deelneem. Die sport help kinders fisies en geestelik en leer hulle dissipline. Ons het al kinders wat met aandagafleibaarheid gediagnoseer is, kinders wat nie kan loop nie, en outistiese kinders gehad wat die sport geniet het. Boogskiet bied geleenthede aan kinders wat nie aan ander sportsoorte kan deelneem nie, en ook vir leerders wat tuisonderrig ontvang of in klein skole is waar daar nie genoeg leerders vir spansport is nie.”

Skuts kan deelneem op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak, en die sport bied volgens Greeff ‘n unieke kans vir gesinne en jong talent om saam te groei en vaardighede te ontwikkel.

Om deel te word van die plaaslike boogskiekklub, praat met Hilda by hildavds.hvds@gmail.com.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button