Local sport

Henro terug na Europese fietswedrenne

Jong fietsryer Henro van der Walt voltooi uitdagende fietswedrenne in Europa en doen waardevolle ervaring op ondanks strawwe toestande en valpartye.

MOKOPANE – Henro van der Walt is terug op eie bodem na ‘n uitdagende fietswedren in Europa.

Deelname aas top Europese wedrenne

Bosveld het voorheen berig van die hoofseun van Hoërskool Piet Potgieter wat die geleentheid aangegryp het om op 27 Maart deel te neem aan die 2026 E3 Saxo Classic Men Juniors (MJ) in Harelbeke, België en op 12 April aan die 2026 Parys-Roubaix (“Hel van die Noorde”).

“Dit was twee uitdagende wedrenne van tussen 135km tot 258.3km met geplaveide vlaamse klimme, uitdagende klipsektore en onvoorspelbare weerstoestande soos koue, hael en reën,” vertel Henro.

Strawwe toestande en uitdagings

Omdat die omgewing ietwat onbekend was het die fietsryers met ongelukke te doen gekry.

“In die eerste wedren het ek om ‘n draai in ‘n straatpaal vasgery en ‘n afdraai gemis, maar kon opstaan en die wedren voltooi,” vertel Henro en voeg by dat hy in Parys nie so gelukkig was om ongedeerd van ‘n ongeluk af te kom nie.

Valpartye tydens wedrenne

“Ek het binne die eerste 5km geval in ‘n “punch crash” wat veroorsaak was deur die Spanjaarde wat irasionele besluite gemaak het.”

Beserings en deursettingsvermoë

“Ek het ligte beserings opgedoen so ek kon dadelik weer opklim om by die peleton uit te kom, maar op ‘n draai was ek getref deur ‘n Duitse ryer wat my fiets onder my uitgery het.” 

Vasbyt tot die einde

“Ek het my velle en ‘n deel van my uitrusting op die pad agter gelaat. Die mediese span wou my in die ambulans laai maar ek wou nie, die wedren moes klaar.”

Waardevolle ervaring in Europa

“Ek het baie ervaring opgedoen terwyl ek in Europa was, ek het wel so paar plasies gekoop maar dit nog steeds geniet; elke oomblik daarvan en sal dit weer doen.”

Dank aan ondersteuners

“Dankie aan al my ondersteuners, julle was my dryfveer om elke keer terug te klim op my fiets en die wedren klaar te maak, julle het hierdie geleentheid vir my moontlik gemaak.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button